Plek van omgee!
GEESVERVULD IN SY VOETSPORE
“Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely het en so vir julle ʼn voorbeeld gestel het, sodat julle in Sy voetspore kan volg” 1Pet 2:21
Ons is kerk omdat Jesus ons Verlosser en Leier is. Ons volg Hom. Ons is besig om Sy evangelie te verkondig. Ons is gehoorsaam aan God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees.
Visie
“Broers (en Susters), ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op ʼn weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur Sy liggaam. En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het, laat ons tot God nader met ʼn opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van ʼn skuldige gewete en ons liggame is gewas met skoon water. Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat hy beloof het. Laaat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly nie..., maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.” Heb 10:19-25
Alle gemeente-aktiwiteite moet ʼn ruimte skep waar mense, met hul verskille, kan tuis voel. Hier moet hul die Here kan ontmoet. Hier moet hul geleenthede kry om in hul verhouding met God te groei, ook deur ander te dien. Hier moet hul veilig wees en liefde en omgee ervaar.
Missie
ONS HOOGSTE WAARDE = JESUS!
In die jaar wat kom gaan ons bg Visie en Missie na streef deur op praktiese maniere in al ons doen en late – Jesus se voorbeeld te volg. Ons gaan die Persoon van Jesus beter leer ken. Ons gaan Sy wonderwerke bekyk. Ons gaan Sy leefstyl leer doen. Ons gaan Sy bediening bestudeer. Ons gaan na Sy woorde luister. Ons gaan Sy omgang met mense begin navolg. Hy gaan vir ons die Woord van God laat verstaan. Hy gaan vir ons die Vader se hart en die Heilige Gees se krag openbaar. Hy gaan vir ons die Vader se hart en die Heilige Gees se krag openbaar. Hy gaan ons leer bid. Hy gaan ons leer lewe. Hy gaan ons leer liefhê.
Jesus se voorbeeld:
Nederduitse Gereformeerder Kerk Van Dyk Park
Een lewe Een Keuse